Pampoenpret (in Afrikaans aangebied)

28 February 2025

’n Heerlike pampoenaffêre vir klein en groot.

R 250 per person.

LET WEL: Slegs 50 plekke beskikbaar (maksimum 2 kinders per 1 volwassene). Volwassenes moet ook vir hulself plek bespreek.

Ons verwelkom kinders, ma’s en pa’s om saam met ons pampoenfees te vier. Kom saam op die skattejag: ons spring oor die reusepampoen en kruip tot binne-in die Slak, oortrek met rankende kalbasse in allerhande vorms en groottes.

In die Pofadder se maag vertel ons jou meer van verskillende pampoensoorte: Turkse tulband, die plat wit ou boerpampoen, oranje Cinderella, heerlike goue hubbardpampoen, gespikkelde swaan, smullekker muskaat en natuurlik Halloween. Ouers sal hul kinders help om te sny, skep, kap en druk.

Ná al die harde werk steek ons ’n kersie binne-in die pampoen aan. Jy kan dit saamneem huis toe.

Nota: Omdat daar met skerp voorwerpe gewerk word, moet kinders deur ’n volwassene vergesel word. Maksimum twee kinders (tussen vyf en tien jaar oud) per volwassene. Hierdie werkswinkel word in Afrikaans aangebied.

Sap en peuselhappie is ingesluit.